Deel hierdie artikel

Na ‘n omstrede twiet deur Steve Hofmeyr, het die ANC besluit om hulle by Phumzile van Damme te skaar en ook ‘n kriminele aanklagte teen hom te lê.

Dit lyk asof die ANC en DA dit eens is dat dit die regte pad vorentoe is om die regstelsel te gebruik om sy mond te snoer.

Die ANC het ‘n verklaring op Twitter uitgereik waarin hy sy planne vir ‘n kriminele aanklagte teen die sanger en aktivis, Steve Hofmeyr, bekend gemaak het.

Die aanklagte volg Hofmeyr se twiet wat gemik is op die Demokratiese Alliansie LP Phumzile van Damme en Suid-Afrikaanse ambassadeur in Denemarke Zindzi Mandela.

In sy verklaring het die ANC Hofmeyr se opmerkings as “barbarisme, wit bevoorregting, en giftige manlikheid” beskryf.

“In ons oë demonstreer hierdie twiets wit arrogansie en is ‘n teksboek voorbeeld van wit bevoorregting wat uitgeroei moet word.”

My goeiste, hoekom klink die taal wat hier gebruik word asof dit vanuit die Amerikaanse vêrlinkse geleerdere kom? Wie skryf hierdie verklarings vir hulle?

Alexandra Ocasio-Cortex? Een-of-ander gefrustreerde tienermeisie wat te veel tyd op Tumblr deurbring?

Hofmeyr se twiet kom nadat Van Damme erken het dat sy ‘n tiener seun aangerand het. Sy beweer dit was uit selfverdediging teen sy woorde (volgens haar “voetsek you black”) en sy houding.

Selfs al is Van Damme se aantygings waar het sy hom nog steeds aangerand.

Intussen het Mandela, dogter van die destydse president, Nelson Mandela, alle wit mense “landdiewe” genoem wat uit die land verjaag moet word.

Mandela het ook beweer dat Chris Barnard, die Afrikaner dokter wat die eerste hartoorplanting uitgevoer het, die basiese beginsels van kardiologie by sy “swart tuinier” geleer het.

Gaan Steve Hofmeyr tronk toe as gevolg van sy uitlatings?

Gaan Van Damme in die moeilikheid kom omdat sy die seun aangerand het?

Gaan Mandela afgedank word as ambassadeur van Suid-Afrika in Denemarke?